Talle lande waarsku teen reis na Brittanje
Verskeie lande waarsku hulle burgers om versigtig te wees indien hulle na die Verenigde Koninkryk reis na die onrus die naweek wat hotelle met asielsoekers geteiken het. Lande soos Nigerië, Maleisië en Indonesië, met ‘n meerderheid Moslem-inwoners, het reiswaarskuwings uitgereik nadat moskees deurgeloop het. Britse media berig die Britse eerste minister, Keir Starmer, het spesiale beamptes saamgestel om die onluste te beheer, wat begin het nadat drie jong meisies vroeër vandeesmaand vermoor is tydens ‘n mesaanval in Southport, Engeland.