Okahao kry pluimvee-aanleg

Pluimvee-produksie in die land sal ‘n verdere hupstoot kry met ‘n omgewingsimpakstudie wat reeds onderweg vir ‘n pluimvee-plaas by Okahao. Die aanleg, wat ‘n hoenderplaas, sowel as abattoir en verwerkingsaanleg sal bevat, word deur Alpha Investments ontwikkel. JP Investment voer die studie uit en daar is steeds ‘n geleentheid vir die wat geraak word om te registreer as ‘n belanghebbende. Namibië voer steeds hoender in, uit verskeie lande, en daar is talle uitdagings met smokkelary en prysverskille veral met Brasiliaanse hoender wat baie goedkoper is. Kenners meen ook dat hoender een van die belangrikste bronne van proteïen is omdat dit bekostigbaar is.