Seun, 5, dood na springkasteel deur wind opgetel word
‘n Vyfjarige seun is by ‘n Amerikaanse bofbalstadion dood toe ‘n rukwind ‘n springkasteel die lug ingestuur het, met kinders binne-in. Die nooddienste is ontbied na die stadion in Waldorf, Maryland, nadat die springkasteel sowat vier- tot ses-meter hoog opgelig is. Van die kinders het uitgeval en het op die bofbalveld geland voor die springkasteel kon land. Twee kinders is per helikopter hospitaal toe geneem. Die vyf-jarige seun is later die aand dood verklaar. Die tweede kind se beserings is nie ernstig nie.