Nampol ondersoek verkragting van meisie, 14

’n 14-jarige meisie is na bewering deur ’n buurman in die Onepandaulo-nedersetting van die Etayi-kiesafdeling verkrag. Die Omusati-polisie se koördineerder van misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Moses Simaho, sê die voorval het na bewering tussen Maart en April 2024 plaasgevind maar is eers nou aangemeld. Die saak is deur die slagoffer se 62-jarige oupa by die polisie aangemeld. Simaho sê die verdagte is bekend, maar nog nie in hegtenis geneem is nie omdat die ondersoek steeds voortduur.