#TeamNamibia by SAOG industrialisasie-uitstallingsweekJuly 31, 2024
#TeamNamibia, verteenwoordig deur die Namibië beleggings-bevorderingsraad, die handelministerie en GS1, stel tans die beste van Namibiese klein-en medium ondernemings ten toon vir marktoegang en uitvoer by die 7de Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap industrialisasie-uitstallingsweek in Harare, Zimbabwe. Die uitstalling duur tot Vrydag. Die week is die grootste publiek-private platform en raadgewende liggaam vir industrialisasie in die streek. Kosmos 94.1 Nuus het met die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, gesels oor die belangrikheid van die uitstalling en hoe dit lidstate bevoordeel.