Simone Biles het meeste Olimpiese medaljes, ooit
Simone Biles is nou die Amerikaanse gimnas wat die meeste Olimpiese medaljes in die geskiedenis verower het, na sy die Amerikaanse vrouegimnastiekspan na ‘n goue medalje in Pary gelei het. Die span van vyf vroue, bestaande uit Biles, Sunisa Lee, Jordan Chiles, Jade Carey en Hezly Rivera het byna ses punte voor Italië geëindig wat hulle eerste artistieke-gimnastiekmedalje in 96 jaar verower het. Brasilië het die bronsmedalje gekry – die eerste in die land se geskiedenis. Biles het nou vyf goue medaljes, een silwer en twee brons om haar nek.