Landbou kan stukrag wees vir ekonomiese groeiJuly 31, 2024

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, John Steenhuisen, het op Agri Oos-Kaap se jaarkongres beklemtoon dat dié sektor die stukrag kan wees vir ekonomiese groei in die Oos-Kaap. Steenhuisen sê kwessies soos beleids-onsekerheid, plaasmoorde, landelike misdaad en uitdagings met biosekuriteit moet egter dringend opgelos word sodat die sektor groei. Hy sê landbou lewer ‘n beduidende bydrae tot die land se BBP en bied talle geleenthede vir groei, ontwikkeling en werkskepping.