Kanada verloor appèl teen aftrek van punteJuly 31, 2024

Olimpiese Spele: Die Hof vir Arbitrasie in Sport het Span Kanada se appèl teen die aftrek van punte vir sy sokkerspan van die hand gewys na die gebruik van ‘n hommeltuig om te spioeneer op sy teenstander, Nieu-Seeland, voor verlede week se groepswedstryd. Ses punte is afgetrek en die wêreldbeheerliggaam, Fifa, het die beamptes Bev Priestman, Jasmine Mander en Joseph Lombardi vir ‘n jaar geskors uit enige betrokkenheid met sokker. Kanada se sokkerliggaam is ook met 4,1-miljoen-rand beboet. Die hof sal later redes vir sy besluit gee.