Drie SA swemmers vanaand in halfeindrondesJuly 31, 2024
Olimpiese Spele: Drie Suid-Afrikaanse swemmers neem vanaand aan halfeindrondes deel. Tatjana Smith, wat Maandag goud verower het in die 100-meter borsslag het, het haar sprankelende vorm in die 200-meter borsslag voortgesit toe sy haar uitdun in die vinnigste kwalifiseringstyd gewen het. Kaylene Corbett was tweede in dieselfde uitdun. Die halfeindronde is vanaand net na tien. Pieter Coetzé het sy 200-meter rugslag uitdun gewen in die derde vinnigste kwalifiseringstyd. Die halfeindronde vind vanaand om 13 voor 10 plaas.