Ses jaag Rishi se pos in Tories naJuly 30, 2024
Ses aanspraakmakers het tot die stryd toegetree om Rishi Sunak te vervang as leier van die Britse Konserwatiewe Party. Hulle is Kemi Badenoch, James Cleverly, Robert Jenrick, Priti Patel, Mel Stride en Tom Tugendhat. Sunak het bedank na die Arbeidersparty van Keir Starmer se oorweldigende sege in die algemene verkiesing wat die Tories se regering na 14 jaar beëindig het. Benoemings het gister gesluit en die lys word eers tot vier en later tot twee verminder waarna LP’s ‘n nuwe leier sal verkies wat op twee November bekend sal word.