Regskenner reageer op dood van vrou deur kêrel wat op borg was
Die moord van ‘n 32-jarige vrou, wat vyf maande swanger was, deur haar vriend, die pa van haar peuter en haar ongebore baba, het skokgolwe deur die Oshikoto-streek gestuur. Die polisie sê die 27-jarige man, wat vandag in die Tsumeb-hof sal verskyn is ’n herhaalde oortreder en is voorheen vir aanranding in hegtenis geneem nadat hy sy meisie, asook sy ma en broer met ‘n mes gesteek het. Sy ma het ‘n saak teen hom geopen wat sy later teruggetrek het. Hy is tans uit op borg vir nog ‘n saak van aanranding met die volgende hofdatum vasgestel vir 17 Oktober. Die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox het haar reaksie so verwoord.