Ohangwena sukkel werklik met oorgrensmisdaad – goewerneur
Daar is patrollie teen die grens met Angola in die Ohangwena-streek gehou. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Joseph Shikongo, het self besoek afgelê in die Ohangwena-streek. Die streeksgoewerneur en oud polisiehoof Sebastian Ndeitunga sê die uitstappie was uiters belangrik omdat daar baie misdaad in die gebied plaasvind.