Namcor verduidelik geleidelike verhoging in aandeel

Meer inligting is bekend oor Namcor wat sê hy kyk na opsies om geleidelik sy belang binne olie- en gasvennootskappe van die huidige 10 persent te verhoog. Terwyl dit baie groter winste vir die maatskappy kan besorg is daar ook risiko’s veral omdat die kostes van eksplorasie uiters duur is sonder enige waarborg van opbrengste. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het meer.