Nadal sal na Spele oor toekoms besin

Die Spaanse veteraan, Rafael Nadal, sê hy sal na die Olimpiese Spele oor sy toekoms besluit. Dit volg na gister se vernederende nederlaag teen sy ou teenstander, Novak Djokovic van Serwië, in Parys. Die 38-jarige het hard gespook, maar dit was duidelik hy is nie meer die speler van vroeër nie. Hy neem steeds aan die dubbelspel deel saam met sy jong landgenoot, Carlos Alcaraz. Nadal erken hy het nie meer die uithouvermoë van 20 jaar gelede nie, veral weens die talle beserings die afgelope twee jaar.