Meatco hernu nie Mushokabanji se kontrak nie

Plaaslike media berig dat Meatco se raad nie sy uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, se kontrak te verleng wanneer dit einde Januarie 2025 tot ‘n einde kom nie. Kennis is reeds op 19 Julie aan Mushokabanji gegee. Hy is sedert 2020 by Meatco en was voorheen die uitvoerende direkteur van die Namibië Nasionale Boere-unie. Meatco gaan gebuk onder ’n magdom uitdagings waarvan finansiële volhoubaarheid die grootste is maar, daar is ook politiek betrokke. Sy teenkanting van die privatisering van Meatco en sy beweerde standpunt teen die rooilyn het Mushokabanji vyande in die konserwatiewe beesbedryf besorg.