Lichtenstrasser probeer weer om te appelleerJuly 30, 2024
’n Aansoek om verlof tot appèl deur die veroordeelde moordenaar Ernst Lichtenstrasser is weer vanoggend op die hofrol voor regter Christie Liebenberg. Liebenberg het in 6 Junie presies so ‘n aansoek van die rol geskrap en dit wil voorkom hy bring ‘n nuwe aansoek. Die regter het bevind die vorige aansoek was gebrekkig. Liebenberg het Lichtenstrasser op 29 April twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde van Eckhard Mueller en Helmo Hellwig in 2019. Hy is nóg 16 jaar tronkstraf opgelê in verband met ses ander klagte.