Ramaphosa betoon medelye na grondstortings in Ethiopië

President Cyril Ramaphosa het diepe medelye en simpatie uitgespreek na die onlangse grondstortings in Gofa in die suid-weste van Ethiopië, wat minstens 250 lewens geëis het. Die presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa het solidariteit uitgespreek met die mense van Ethiopië en families in rou, en het verwys na die sterk geskiedkundige betrekkinge tussen Suid-Afrika en Ethiopië wat terugdateer na die stryd teen apartheid: