Mbumba-portret is geldmors: PDM skadu-finansministerJuly 24, 2024
Die regering se vrystelling van president Nangolo Mbumba se amptelike portret, wat president Geingob se portret vervang, lok sterk reaksie uit. Mbumba het nog net 8 maande in die pos oor, dus sal die portret na die presidentsverkiesing vervang word. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is ‘n mors van geld wat gebruik kon word om die land se probleme te takel.