Honde snuffel 6 ton kokaïen tussen piesangs uitJuly 16, 2024
Snuffelhonde in Ecuador het 6,23 ton kokaïen gevind wat in ‘n piesangbesending versteek was. Die honde het hul hanteerders gewaarsku, wat beslag gelê het op 5 630 pakkies gevul met ‘n wit stof wat later positief getoets het vir kokaïen. Die besending was vir Duitsland bestem, sê amptenare, en sou sowat 4 miljard Namibiese dollar werd gewees het as dit sy bestemming bereik het. Vyf mense is in hegtenis geneem ná die ontdekking, volgens die aanklaer-generaal se kantoor.