Navo waarsku klimaatsverandering kan konflik verergerJuly 10, 2024

Navo waarsku klimaatsverandering kan tot hoër konflikvlakke, onstabiliteit en die ontwrigting van die wêreld se voorsieningskettings lei. Die organisasie beklemtoon in sy 2024-verslag oor klimaatsverandering en sekerheid die gevolge van klimaatsverandering. Dit ondersoek die uitwerking van klimaatsverandering op elk van die Navo-gebiede, naamlik see, land, lug, ruimte en kuberruimte, asook sy sendings en operasies. Hy sê regstreekse gevare van klimaatsverandering soos hittegolwe, oorstromings en brande, kan militêre toerusting, wapenstelsels en installasies beïnvloed.