Gewelddadige aanvalle ruk Frankryk voor verkiesingJuly 6, 2024
Frankryk se minister van Binnelandse Sake, Gérald Darmanin, het onthul meer as 50 kandidate en aktiviste is fisies aangeval in die aanloop tot môre se gespanne finale ronde van die parlementêre verkiesing. In die jongste voorvalle is regeringswoordvoerder Prisca Thevenot, haar adjunk, Virginie Lanlo en ‘n party-aktivis wreed aangeval terwyl hulle verkiesingsplakkate opgehang het in Meudon, suid-wes van Parys. Ontleders sê die vlaag aanvalle regoor Frankryk weerspieël die atmosfeer tydens stemwerwing in ‘n verkiesing wat die verregse Nasionale Saamtrek-party waarskynlik sal wen.