Cosafa: Warriors speel gelykop teen AngolaJune 29, 2024
Die Brave Warriors het gelykop geëindig in hulle eerste groep C Cosafa-wedstryd teen Angola met ‘n 0-0 eindtelling. Dit was eintlik ‘n goeie vertoning omdat die Warriors tot dusver nog nooit Angola in ‘n internasionale wedstryd gewen het nie. Almal in die groep, wat Lesotho, Seychelle en Angola insluit, het een punt. Die volgende wedstryd is Maandag en Namibië draf om drie-uur teen Lesotho uit. Die wedstryde word in Gqeberha, Oos-Kaap gespeel.