Jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling op pad!June 28, 2024

Die jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling gaan by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo gehou word. Die geleentheid vind op 19 Julie om 11-uur die oggend plaas. ‘n Span telers gaan ‘n topseleksie van 25 Bonsmara-bulle aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met Hella Coetzee van Agra gesels oor die bulle wat aangebied word.

Coetzee het ‘n oorsig gegee van die aansporings vir kopers.