Twee vas vir Beefcor-rooftog

Die Erongo-polisie sê twee verdagtes in Woensdag se roof by Beefcor in Walvisbaai is vanoggend by Dunes Mall in hegtenis geneem. Die twee persone wat Woensdag ondervra is is vrygelaat. Volgens Hoofinspekteur Ileni Shapumba het een van die twee verdagtes soortgelyke klagtes teen hom in beide die Oshana- en Khomas-streke. Hy het weer die publiek bedank vir hulle samewerking. Daar is kontant en goedere by Beefcor ter waarde van 107 000 Namibiese dollar gebuit deur vier gewapende mans.