Swapo wil koerant laat herleef om kritici te teiken
Daar is kommer oor aanmerkings deur Paulus Kapia wat sê die Swapo-koerant Namibia Today binnekort weer in sirkulasie gaan wees. Hy sê kritici van die party sal geteiken word, tot in hul slaapkamers. Kenners in die media-landskap meen dat die uiters kommerwekkend is dat die regerende party media sal misbruik vir sy eie propaganda en ook moontlik die vrywillige etiekkode van die media sal oortree. Daar word ook gemeen dat dit geensins enige van die land se uitdagings sal aanspreek nie.