Sunak se lyfwag aangekla vir dobberlary oor verkiesing

ʼn Beskermingsbeampte van die Britse eerste minister Rishi Sunak is gearresteer en geskors oor beweerde weddenskappe oor ʼn moontlike verkiesingsdatum. Sky News berig die beampte is ʼn lid van die Metropolisie se koninklike en spesialis-beskermingsbevel. Die Dobbelkommissie het die Met-polisie Vrydag gelig dat hulle die polisiekonstabel se aktiwiteite ondersoek. Die beampte is Maandag gearresteer weens vermeende wangedrag in ʼn openbare amp. Hy is op borgtog vrygelaat hangende verdere ondersoek.