SA kry eerste Museum van IllusiesJune 20, 2024
Bouwerk aan Suid-Afrika se eerste Museum van Illusies is aan die gang in Rosebank, Johannesburg en beloof om ‘n unieke en boeiende ervaring te wees. Die onderneming, wat deel is van ‘n wêreldwye ketting van 50 museums, bied aan die besoeker pret, opvoeding en kreatiwiteit. Die konsep wat in 2015 in Zagreb ontstaan het, lok jaarliks 12-miljoen mense wêreldwyd, bied interaktiewe uitstallings wat persepsies uitdaag deur die aanwending van optiese illusies. Die Museum van Illusies hoop om opvoeding deur vermaak te bied.