Pitt se rolprent sonder naam word volgende jaar vrygstel

Brad Pitt se Formule Een-fliek waarvan die naam nog nie bekend is nie, word volgende jaar op 25 Junie vrygestel. Die fliek se mede-vervaardiger is die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, en die grootste deel is by die Silverstone-renbaan geskiet. Hamilton was baie betrokke by die draaiboek om die fliek so realisties moontlik te maak. Die 60-jarige Pitt speel die rol van ʼn veteraan-renjaer wat ná ʼn lang afwesigheid na die F1-baan terugkeer. Apple het die fliekregte gekoop en die begroting is volgens berigte sowat 2,5 miljard Namibiese dollar.