Namib Mills stoot pryse op in Julie

Namib Mills het te kenne gegee dat hy die pryse van sy produkte moet opstoot met 3 persent. Dit sluit brood, kitspasta, kitspap, mahangu, suiker, meel, pasta, hoender en rys in. Hy skryf die prysverhogings toe aan die verhoging in produskiekostes, insluitend krag en water, sowel as die huidige dieselprys. Top Score is nie ingesluit nie. Die stygings tree 22 Julie in werking. Ekonome voorspel ‘n geruime tyd ‘n verhoging in voedselpryse.