Mans se gesondheid die maand die fokus
Mansgesondheidsmaand word elke jaar in Junie waargeneem en mans word aangemoedig om siftings vir siektes te laat doen. Navorsing toon mans ervaar waarskynlik chroniese gesondheidstoestande vinniger as vroue. Mans word aangemoedig om veral te laat toets vir prostaat-, testikulêre- en kolonkanker. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters het ook ‘n beroep op mans gedoen om hul geestesgesondheid voorop te stel, aangesien mans vyf keer meer geneig is om weens selfdood te sterf as vroue. Kosmos 4.1 Nuus het gepraat met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen…