Jandre hoor vandag oor moordsaak

Byna 10 jaar ná ‘n noodlottige ongeluk naby Hentiesbaai waarin ses mense dood is, word uitspraak vandag in Jandré Dippenaar se moordsaak verwag. Die botsing het die lewens van Dippenaar se drie passasiers – Dinah Pretorius, Charlene Schoombee en JC Horn – asook Markus, Stephanie en Alexandra Joschko geëis. Dippenaar staan ​​tereg op ses aanklagte van moord, asook ‘n aanklag van roekelose bestuur en die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n geldige rybewys. Landdros Gaynor Poulton sal na verwagting vanoggend haar uitspraak lewer in die Swakopmund-streekshof.