Eenheidsregering is goed vir die ekonomie
Die ekonoom Dawie Roodt meen die positiewe vertoning van die Suid-Afrikaanse rand is die gevolg van die markte se verligting oor die uitslag van die onlangse verkiesing. Die rand het tot sy hoogste vlak in byna ‘n jaar gestyg, tot net onder 18-rand teen die dollar. Roodt voer aan die styging is in ooreenstemming met die vordering tot ‘n regering van nasionale eenheid. Hy voeg by onlangse ontwikkelings is ‘n teken van groter ekonomiese optimisme: