Dinsdag teken nuwe rekord migrante in Engelse Kanaal aan

Sowat 882 mense het die Engelse Kanaal Dinsdag oorgesteek wat vanjaar die meeste op een dag was. Die nuwe syfer is volgens Binnelandse Sake meer as die vorige 2024-rekord van 711. Die getal mense wat met klein bootjies in die land aankom, staan tans op ʼn geraamde 12 313, wat 18-persent hoër is as die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Ongeveer 81 670 mense het die reis onderneem sedert die regering in April 2022 planne om migrante na Rwanda te stuur, opgeskort het.