LPM vra ECN hoe om Seibeb te vervangJune 11, 2024

Die LPM het die Verkiesingskommissie genader oor die prosedures om die party se voormalige onderleier, Henny Seibeb en parlementslid, Edson Isaaks in die Nasionale Vergadering te vervang. Die twee het verlede week uit die party en die Nasionale Vergadering bedank. Partywoordvoerder, Lifalaza Simataa, sê die party sal die regte prosedures volg. Daar is geen vasgestelde tydraamwerk vir wanneer partye parlementslede kan vervang nie. Uutara Mootu het Seibeb as die party se hoofsweep vervang.