Minimumloon en abattoirs… wat nou
Die minimumloon is steeds in die nuus, veral met die landbousektor wat reeds sterk beswaar gemaak het. Die Landbou Werkgewersvereniging het reeds in 2021 kwytskelding gevra omdat landbou-werkers behuising, kontant en voorsiening vir lewensbehoeftes ontvang. Op die oomblik betaal boere ‘n intreeloon van 6 dollar per uur en die vereniging sê die nuwe 10 dollar per uur en infaseringsmodel met sy geweldige spronge is onhaalbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, oor of die minimumloon van 18 dollar ‘n impak op abattoirpryse gaan hê.