Oos-Kaap sukkel steeds met gure weer
Die Buffalo City Metro raai inwoners aan om nie tydelike blyplek op rivieroewers en laagliggende gebiede te bou nie, na weerwaarskuwings oor nog reën en sterk wind. Meer as 4 000 mense is deur vloede geraak en 1 500 is ontwortel. Die Metro sê hy koördineer met staatsdepartemente vir tydelike hervestigingstrukture. Intussen word aandag geskenk aan elektriese foute in Oos-Londen, Mdantsane en eQonce, terwyl strande gesluit bly weens gevaarlike seetoestande.