Lesse is geleer tydens Julie 2021-onluste: VerdedigingministerJune 3, 2024
Die Verdediging-minister, Thandi Modise, sê hulle het hul les geleer tydens die Julie 2021-onluste. Die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekerheid is gereed vir moontlike geweld ná die verkiesing. Die president van die MK-party, Jacob Zuma, het die naweek die Verkiesingskommissie gewaarsku om nie die verkiesingsuitslae bekend te maak nie en gesê dit sou neerkom op uitlokking van sy party. Die OVK het egter die uitslae soos beplan verklaar. Modise sê dis alle politieke partye se verantwoordelikheid om die verkiesing se uitslag te aanvaar.