T20-wêreldbeker amptelik aan die gang

Krieket: Amerika wat mede-gasheer van die T20-wêreldbeker is, het met ʼn oorwinning afgeskop en hulle buurland, Kanada, met sewe paaltjies verslaan in die openingswedstryd in Texas. Navneet Dhaliwal het 61 lopies bygedra tot Kanada se 194 vir vyf in hulle heel eerste T20-wêreldbeker. Aaron Jones het in antwoord daarop ʼn onoorwonne 94 van 40 balle gemoker en Amerika het die teiken gehaal met 14 balle oor. Amerika se mede-aanbieders is die Wes-Indiese Eilande wat vandag in Guyana teen Papoea-Nieu-Guinee kragte meet.