NamPower staan skole in Omaheke by

Die NamPower-stigting het N$1,3 miljoen bestee aan opknappings by skole in die Omaheke streek wat onder andere die rekenaarlaboratorium insluit by die  C. Heuva Sekondêre Skool en ‘n waskamer met nuwe industriële was- en tuimeldroërmasjiene by Laerskool Motsomi. Die Voorsitter van die NamPower-stigting, dr. Simeon Amunkete, het die belangrikheid van die onderwyssektor beklemtoon. “NamPower onderneem om aan te hou belê in die maatskaplike welsyn en ontwikkeling van gemeenskappe solank hulpbronne dit toelaat.