Djokovic 369ste Grand Slam-wedstyd-oorwinnning

Tennis: Die verdedigende kampioen Novak Djokovic is deur na die laaste 16 van die Franse Ope na hy sy 369ste Grand Slam-wedstyd-oorwinnning behaal het en hy trek nou gelyk met Roger Federer. Die Serwiër wat twee stelle agter was, het teruggeveg om met 7-5, 6-7, 2-6, 6-3, 6-0 teen die Italianer Lorenzo Musetti in meer as drie uur af te reken. Die tweemalige finalis, Casper Ruud van Noorweë kom volgende teen die Amerikaner Taylor Fritz te staan na hy die Argentyn Tomas Martin Etcheverry met 6-4, 1-6, 6-2, 6-2 verslaan het. Ruud sê die wedstryd het wipplank gery.