Trump kan steeds na Withuis terugkeer ondanks skuldigbevinding
Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, kan steeds na die Withuis terugkeer, al is hy skuldig bevind op 34 aanklagte vir die vervalsing van sakerekords. Dit was deel van sy geheime-geldskema om sy beweerde seksuele ontmoeting met die voormalige porno-ster Stormy Daniels te laat verdwyn. Die regskenner, Elizabeth Wydra, wys daarop niks verhoed Trump om verkies te word nie, al is hy tydens die verkiesing in die tronk. Sy sê die Amerikaanse Grondwet stel slegs drie hoofvereistes vir die presidentskap, en om ‘n veroordeelde misdadiger te wees beteken nie ‘n diskwalifikasie nie.