PNG-leier stel N$900 miljoen beskikbaar na grondstorting
Papoea-Nieu-Guinee se eerste minister, James Marape, het net meer as 958-miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel as noodleniging en vir aanvanklike herwinning. Dit volg na meer as 2 000 mense lewend onder ‘n grondstorting in die afgeleë dorpie van Yambali begrawe is. Die eerste minister het die rampgebied gister vir die eerste keer besoek en internasionale skenkers vir hulle hulp bedank. Sowat 1 250 mense is dakloos gelaat. Marape het beloof alles moontlik sal gedoen word om die inwoners van Yambali te help.