Michelle Obama se ma, Marian Robinson, oorlede

Die gewese Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, se ma is op 86-jarige leeftyd dood. Marian Robinson het tussen 2009 en 2017 tydens oudpresident Barack Obama se termyn in die Withuis gewoon. Michelle Obama sê in ʼn verklaring haar ma was haar rots en altyd beskikbaar as sy haar nodig gehad het. Sy sê sy was dieselfde bestendige ondersteuning vir die hele gesin en hulle harte is gebreek.