Alcaraz, Swiatek, Sinner deur na laaste 16 in Parys
Tennis: Derde gekeurde Carlos Alcaraz, wat met ʼn armbesering sukkel, is deur na die laaste 16 by die Franse Ope. Hy het die Amerikaner Sebastian Korda met 6-4, 7-6, 6-3 geklop. Jannik Sinner van Italië het sy perfekte begin voortgesit en Pavel Kotov van Rusland met 6-4, 6-4, 6-4 verslaan. Die negende gekeurde Griek, Stefanos Tsitsipas, het Zhang Zhizhen van China in skoon stelle afgeransel. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, in die derde ronde die Tsjeg, Marie Bouzkova, met 6-4, 6-2 geklop. Ons Jabeur van Tunisië en Anastasia Potapova van Rusland het ook gewen.