Nuwe dinosourus-spesie in Zimbabwe ontdek

Die Universiteit van die Witwatersrand sê fossiele wat op die kuslyn van die Kariba-meer in Zimbabwe ontdek is, verteenwoordig ‘n totaal nuwe dinosourus-spesie. Die merkwaardige vonds, genaamd Musanka sanyatiensis is slegs die vierde dinosaurus-spesie wat in Zimbabwe opgespoor is. Die oorblyfsels dateer terug na die Laat Trias-tydperk sowat 210 miljoen jaar gelede. Wits sê Musanka sanyatiensis word verteenwoordig deur die oorblyfsels van ‘n enkele agterbeen, insluitend ‘n dy-, skeen- en enkelbeen.