Geen pogings om onwettige visvang te keer nieMay 16, 2024
Onwettige visvang in die noordoostelike riviere van die Zambezi en Okavango is ‘n groot uitdaging. Die Namibiese polisie in die Zambezi-streek het verskeie waarskuwings uitgereik teen onwettige visvang deur beide buitelanders en Namibiërs. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier gesels wat sê dat geen verandering plaasgevind het nie en dat die rivier nou ideaal is vir visvang met nette.