Man City gee Fulham ‘n loesing, steek Arsenal verby

Sokker: Josko Gvardiol het twee keer doele vir Manchester City teen Fulham aangeteken wat nou druk op Arsenal plaas in hulle stryd om die Premierliga-titel. Man City is nou die voorloper met twee punte op die punteleer. Die uitslag beteken die Gunners moet vandag teen Manchester United wen om seker te maak hulle is in die eindstryd van die seisoen. Man City speel Dinsdag teen Tottenham en as Arsenal nie daarin slaag om op Old Trafford te wen nie, sal ‘n oorwinning ‘n vierde agtereenvolgende Premierliga-titel aan Pep Guardiola se span besorg.