VN-agentskap sê 80 000 mense het Rafah sedert Maandag verlaat
Die Verenigde Nasies se Hulp- en Werksagentskap vir Palestynse Vlugtelinge in die Nabye-Ooste sê sowat 80 000 mense het sedert Maandag uit Rafah in Gaza gevlug. Die Israelse weermag het sy bomaanvalle op die stad verskerp. Daar was gister volgens berigte minstens 20 lugaanvalle en 12 aanvalle met tenks. Die VN-agentskap sê mense in Rafah is bevrees en kan nêrens heengaan vir hulp nie.