Handel vergader op Walvis oor beleidsdokumenteApril 15, 2024

Die handelsminister Lucia Iipumbu en ‘n ministeriële afvaardiging sal vandag ‘n openbare konsultasie in Walvisbaai hou oor sleutel-wetgewings en -beleidsdokumente, om insette van alle belanghebbendes in die Erongo-streek te kry. Hulle is die Wetsontwerp op die Spesiale Ekonomiese Sone, die Nasionale Informele Ekonomie, Beginners en Entrepreneurskap Ontwikkelingsbeleid, die Namibië Beleggingsbevordering en Fasilitering Regulasies, en die Nasionale Verkoeling Strategie. Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.