Vakbond eis optrede by hoër onderwys-instellings oor waterkrisis
Die Suid-Afrikaanse vakbond vir staatsondernemings en tersiëre instellings, Saptu, is diep bekommerd oor die gebrek aan voldoende watertoevoer by verskeie kampusse van hoër onderwys-instellings. Hy wil hê die regering moet dringend stappe doen om te verseker alle instellings het voldoende water om doeltreffend te kan funksioneer. Die hoofsekeretaris van Saptu, Ben van der Walt, sê die vakbond sal ook die bestuur bystaan in hulle pogings om voldoende en stabiele watervoorraad te verseker.